Kerkdienste
Perisos is ‘n jong gemeente wat daarna strewe om ‘n skrifgefundeerde bediening vir alle gelowiges in Port Elizabeth te bied.Herman du Toit is die gemeente se Herder. Hy word deur ‘n Ouderlingraad en Bedieningsleiers ondersteun en bygestaan.
Hierdie Raad is vir geestelike en administratiewe funksies binne die Perisos Gemeente verantwoordelik.
Perisos Kerkdienste
Kom aanbid saam met ons.
Na afloop van elke diens kan u ‘n heerlike verversing saam met ons geniet.
Tye en Plek
Oorvloedsdienste: elke Sondag 09:30
Merryvale Skool (vanuit William Moffettrylaan in Alanrylaan) Sien Aanwysings
Sondagaanddienste: 18:00
Capellini by Kaapweg 291, Newton Park Sien Aanwysings
Spesial Dienste:
Goeie Vrydag: 9:00
Paassondag: 09:30
Hemelvaart: 19:00
Kersdag: 09:00
Oujaar: 23:00
U is baie welkom om saam met ons te kom aanbid.
Ons sien daarna uit om u te ontmoet en te verwelkom.
Ek (Jesus) het gekom dat julle lewe kan hê en dit in oorvloed (Johannes 10:10b)