Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Perisos
Wednesday, February 22 2012 @ 09:19 PM CST


 

Iemand wat deur God se genade gered is van die straf van sonde en deur God self regverdig gemaak is, is niks meer as ’n pasgebore babatjie nie. Kan jy jouself ’n ma indink wat tuis kom met haar pasgebore baba en hierdie babatjie op ’n toer deur sy/haar nuwe tuiste neem met instruksies soos: “Jy is nou deel van ons gesin, maak jouself tuis deur jouself te help met vars melk in die yskas ... jou nuwe en skoon klere aan te trek ... ens “ Dit kan nie gebeur nie! Hierdie baba is afhanklik van die ma vir voeding, versorging en beskerming.

Dalk het jy pas die Here Jesus leer ken en vra die vraag: “Wat nou?” of

Jy ken dalk die Here Jesus al baie lank, maar voel steeds soos ’n pasgebore baba in jou geloofslewe.
 

Saligmaking, regvedigmaking of verlossing van die straf van sonde is maar net die begin van ’n lewe van gehoorsaamheid aan God. Om te kan groei in jou persoonlike verhouding met die Here Jesus, is dit belangrik dat jy streef daarna om Hom elke dag beter te leer ken. Dit beteken dat jy tyd moet inruim om alleen met God deur te bring. Dit vereis self-dissipline en deursettingsvermoë.
 

Perisos nooi jou uit om deel te neem aan ons Bybelstudie vir Tieners - begin sommer vandag en laai ons Bybelstudie Materiaal hier af!

 

| Vertoon Drukbare Weergawe

LUKRAAK FOTO

Elke kraletjie moes presies reg ingery word!
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

GEBEURE

There are no upcoming events

SOEK

Bybelvers vir die Dag


Christian Gifts

GEBEDSVERSOEKE

WIE IS AANLYN?

Besoekers: 6

WAT IS NUUT?

ARTIKELS

Geen nuwe artikels

KOMMENTARE laaste 2 dae

Geen nuwe kommentaar

Links laaste 2 weke

No new links

Ondersteun Mekaar