Kinderhoekie

Die fokus vir Kinderbedieninge is daarop gerig om kinders van alle ouderdomme te help om in God se Skatkamer, die Woord, te delf vir die ewige Skatte van God.
 

Hulp en idees word vir u, die ouer en leidster, verskaf sodat u kinders kan begelei om die Woord prakties toe te pas op hul eie lewe en hulle daardeur van jongs af leer om die Woord in hul hart te bêre en keuses kan maak wat tot eer en verheerliking van God is.

 

Die Voorskoolse Kind
 

Die karaktereienskappe en ontwikkeling van die voorskoolse kind is:
 

1.   Fisiek: Hulle wil speel
Groot spiere ontwikkel. Enige program waarin die jong kind geleer word, moet ruim spasie toelaat sodat hulle kan speel en beweeg. ’n Suksesvolle program sluit doelgerigte aktiwiteite in waarin die kind speel-speel leer. 
  

2.  Sosiaal: Self-gesentreerd
Voorskoolse kinders se wêreld draai om hulself, hul eie behoeftes, hul eie wil. Hierdie groep kinders kan nog nie met maatjies deel of aktwiteite in ’n groep doen nie. Sorg dus dat elke kind of aktiwiteitstafel hul eie inkleurpotlode, speelklei, memoriseerkaartjies ens het. Beloon ook elke kind indiwidueel vir die pogings wat hulle aanwend. 
  

3.  Intellektueel: Nuuskierig en Letterlike begrip
Breinontwikkeling vind die meeste en die vinnigste plaas tydens die voorskoolse jare. Leer vind plaas deur waarneming, aanhoudend vragies te vra en deur alles met al hul sintuie te ondersoek. Maak maksimum gebruik van hierdie eienskappe deur al die sintuie te stimuleer tydens die leerproses.

Abstrakte denke ontwikkel eers teen die 12de lewensjaar. Die voorskoolse kind verstaan dus nie enige abstrakte begrippe soos byvoorbeeld liefde en vrede nie. So ook sal hy/sy nie verstaan dat God die mens met ’n skaap vergelyk nie – want hy/sy is nie ’n skaap nie! Fokus op Bybelverhale waarin die hoofkarakters mense en kinders is.

Moet nie nalaat om hulle wel uit te daag deur abstrakte begrippe te verduidelik nie. Sien die “Bybel Woordeboek” vir kinders
 

4.  
Emosioneel. Labiel

Die senuweestelsel groei en ontwikkel net so vinnig soos die res van die jong kind se liggaam.

 

Die jong kind se emosies is dus baie wisselvallig en labiel. Die een oomblik sal hulle lag en speel om dan daarna sonder enige rede in trane uit te bars.

 

Vermy ‘n negatiewe gesindheid teenoor die kind en streef eerder daarna om die kind se selfbeeld op te bou deur baie liefdevol te wees en te sorg dat hulle weet jy aanvaar hulle.

’n Vraag om te vra: “Weet die kind dat ek vir hom/haar lief is?” (Sonder dat ek dit hoef te sê) 
 

5. 
Geestelik. Die voorskoolse kind glo onvoorwaardelik!
Klein kindertjies isgretig om te leer, hulle aanvaar Bybelse waarhede sonder redenasie en kan reeds op hierdie jong ouderdom vir Jesus as Saligmaker en Verlosser aanneem. Maak dus seker dat die bediening van die Woord aan jong voorskoolse kinders nie “afgewater” is nie.


Voorskoolse Kinders verstaan die Bybel!
 

Die foto van klein Zandré van Enter (3½ jaar oud) spreek boekdele.

Hy het sy plekkie ingeneem waar mamma daagliks haar stiltetyd met God het.

“Zandre what are you doing?” -- "Shh mommy, I am just busy reading my Bible"

Natuurlik kan hy nie regtig lees nie, maar wat ‘n gulde geleentheid om ’n jong kind aan te moedig om God se Woord self te begin “lees” en te verstaan.
 

Foto van seuntjie wat uit die Bybel lees

Zandré van Enter (3½ jaar )- Desember 2008

 

Ek deel dus graag op hierdie bladsy van die riglyne en hulpmiddele wat vir kleiner kinders soos Zandré gebruik kan word.
 

Belê gerus daarin om vir u kind sy/haar eie Bybel te koop. Leer hulle dat dit die Woord van God is. Kinders leer respek vir die Bybel en pas dit mooi op as die ouer of leier die voorbeeld stel deur die Woord van God met respek te hanteer.


 

Begin met ’n Bybellees program

1.   Lees die Bybelverhaal uit die Bybel.
’n Goeie Kinderbybel is Skrifgetrou en kan dien as ‘n goeie handleiding m.b.t. die gebruik van korter sinne, verduideliking van moeilike en/of abstrakte begrippe en woorde asook mooi ge-illustreerde kleurprente.


2.  
Leer en memoriseer ’n Bybelversie
Kleiner kinders kan Bybelverse memoriseer.

Maak gebruik van ’n verskeidenheid visuele hulpmiddele om memoriseing aan te moedig.


Simbole kan afsonderlik gemaak word en deurmekaar geskommel word terwyl die kind aangemoedig word om dit in die regte volgorde te plaas en die woorde van die Bybelvers plus die Skrifverwysing hardop te sê.


Verduidelik moeilike begrippe (Johannes 3:16a):

God. God het alles gemaak – bome, plante, diere, see, son, maan, sterre en vir jou!
Die wêreld. Alle mense groot en klein wat deur God gemaak is en oral in die wêreld woon.
Liefhê. God is baie lief vir al die mense wat Hy gemaak het en vir jou - net soos jy is! 
 


Maak ’n boekmerk



 

 


Bybel Woordeboek vir kinders


Die Bybel. God se Boodskap aan alle mense is oor ’n tydperk van 1600 jaar neergeskryf deur 40 uitgesoekte mense. Elke Woord is waar – die Boodskap van die eerste Boek van die Bybel kom presies ooreen met die Boodskap van die laaste Boek van die Bybel. God self is die Outeur van die Bybel. Die Bybel wys vir kinders en grootmense hoe mens God persoonlik kan leer ken en hoe om elke dag te leef op die manier wat vir God gelukkig maak (verheerlik).

 

Bybelstudie vir Laerskool Kinders


“My Tyd Alleen met God”


 

 


Perisos
http://www.perisos.co.za/staticpages/index.php/kinderhoekie

(0 kommentaar)