Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Perisos
Wednesday, February 22 2012 @ 09:27 PM CST

GEBEDSBRIEF

 

Gebedsbrief: Nr 1 van 2012

Ons God en Vader is Betroubaar ... Standvastig ...
Ons loof die Here ons God, want: “geen enkele woord het onvervuld gebly van al die goeie woorde wat Hy deur die diens van sy kneg Moses gespreek het nie.” (1 Konings 8:56)

  • “Geen woord van al die goeie woorde wat die Here met die huis van Israel gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.” (Josua 21:45) & Josua 23:14,15
  • God self het gesê: “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. (Josua 1:5; Deuteronomium 31:6, 8) Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: “Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?” (Hebreërs 13:5-6)
  • God het gesê: “Ek, die Here, het nie verander nie,” (Maleagi 3:6)
  • “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” (Hebreërs 13:8)
  • Ons behoort aan die onvergelyke en wonderlike God van wie die Woord sê, “God is getrou,” (1 Kor.1:9);

Geen ding is vir God onmoontlik nie.

  • Die Here self het gesê: “Sou iets vir die Here te Wonderbaar wees?” Genesis 18:14
  • “Here Here, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; …geen ding is vir U te wonderbaar nie.” Jeremia 32:17
  • Die engel het vir Maria gesê: “Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.” Lukas 1:37
  • Die redding van ‘n verlore siel – Here, wie kan dan gered word? Jesus antwoord: “Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.” Lukas 18:26, 27 (vgl Markus 10:26, 27; Matteus 19:26)

Broers en susters, aan die begin van die onbekende jaar 2012 wat vir ons voorlê, is dit belangrik om hierdie waarhede uit God se woord te glo, ons eie te maak en daaraan vas te hou.

Bid asseblief vir die volgende sake…

  • Bid dat Henk, ons Herder en Leraar – God se boodskapper, die Woord van God suiwer sal verkondig (vgl Efesiërs 6:19, 20; Kolossense 4:3, 4) en dat Hy die moed sal hê om in die Naam van God te praat  teen dwaling en misleiding in die Kerk en morele sake in die algemeen; Bid dat hy, in navolging van Jesus Christus, die hart van 'n herder sal hê en afhanklik van die Heilige Gees sal wees (Johannes 16:13; Sagaria 4:6); Bid vir sy en Hannelie se beskerming, veiligheid en gesondheid;
  • Bid vir die ouderlinge, met die oog op die bediening in hierdie nuwe jaar, dat hulle God se stem duidelik sal hoor en daaraan gehoorsaam sal wees; Bid dat hulle verantwoordelik met die dankoffers sal werk dat die bediening voort kan gaan en uitgebrei kan word en nuwe bedieninge begin kan word;
  • Bid dat die seën van die Here op Henk, elke ouderling, bedieningsleier en lidmaat sal rus en dat ons in 2012 waarlik Kerk/ liggaam van Christus sal wees en dat ons Christus sal verheerlik in alles wat ons doen;
  • Bid vir mekaar:
  • God het die mag om te doen wat Hy beloof het (Romeine 4:21).
  • Bid dat ons op die Here sal wag, want, sê die Here, “die wat op die Here wag, kry nuwe krag;  “’n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.” Jesaja 40:28-31
  • Wanneer ons bekommerd, onseker of angstig is, belowe die Here: “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.”  Jesaja 41:10 asook vers 13
  • Kom ons werp ons sorg op die Here, want, “Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.” Psalm 55:23 (vgl Psalm 37:5); “Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.”1 Petrus 5:7; “Wees oor niks besorg nie maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.” Filippense 4:6, 7
  • Bid dat ons mekaar met God se liefde sal liefhê (John 13:34, 35), in mekaar  belang sal stel, mekaar sal ondersteun en bemoedig en vir mekaar sal bid en geestelik opbou;
  • Bid vir Geestelike groei – verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei” (1 Petrus 2:2; vgl 2 Timotheüs 3:16, 17)
  • Bid dat ons daders van die woord sal word en nie net hoorders wat hulleself bedrieg nie; bid dat ons diep sal insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarin sal bly (Jakobus 1:22-25);
  • Bid vir die deel van die Kerk van Christus in die wêreld wat vervolg word.
  • Dank God dat Hy die vervolgde kerk deur die afgelope jaar 2011 ondersteun en versterk het.
  • Bid vir ons vervolgde familie, in die besonder almal wat vermoei, terneergedruk en swak is, dat hulle die nabyheid van ons Here Jesus (Immanuel – God met Ons) elke dag sal ervaar.
  • Bid dat ons broers en susters versterking, bemoediging en vertroosting in God se woord sal vind en dat hulle sal onthou dat God getrou is en dat Hy doen wat hy beloof het.
  • Bid vir FEBA Radio en ander Christelike Radiostasies dat hulle getrou sal voortgaan om die goeie nuus uit te saai/ verkondig van God se uitreik na ons deur Jesus Christus se koms, Sy opsoekende en liefdevolle genade.
  • Bid dat die Heilige Gees hierdie boodskap in hierdie tyd (en elke dag van hierdie jaar) op ‘n kragtige manier deur FEBA Radio se uitsendings by baie verlorenes en soekendes sal uitbring. Bid dat hulle die boodskap sal verstaan.
  • Bid vir die Moslems, die radikale en ekstremistiese groepe, dat God Homself aan hulle sal openbaar en dat hulle hul tot die Lewende God sal bekeer.
  • Bid vir die verspreiding van God se woord en Christelike literatuur in die Moslemwêreld, Sjina, Noord Korea en ander lande waar ons broers en susters vervolg word, dat die Heilige Gees in die harte van mense sal werk wat soekend is en ‘n Bybel vir die eerste keer ontvang het;
  • Bid dat Hy ‘n honger in hulle harte sal werk om die waarheid van die Evangelie te ontdek deur die ywerige/toegewyde lees van die Bybel.

Suid Afrika – Opdrag om vir die regering te bid (1 Timotheüs.2:1,2)

Die onderwys –
  • Bid vir onderwysers en leerders, dat hulle die tyd sal uitkoop en die beste gebruik sal maak van die akademiese jaar – elke dag is ‘n kosbare geleentheid wat hulle het;
  • bid vir wedersydse respek tussen onderwysers en leerders en dat onderwyser dissipline regverdig sal handhaaf;
  • bid dat die onderwysers pligsgetrou en met nuwe ywer en toewyding die leerders van Graad R tot 12 gehalte onderrig sal gee;
  • Bid vir leerders, dat hulle pligsgetrou sal wees en aandagt in die klas sal gee en hulle tuiswerk elke dag sal doen;

Bid ook -

  • Bid vir verantwoordelike aanwending en bestuur van fondse om toerusting instand te hou en aan te koop; instandhouding van geboue en die bou van nuwe skoolgeboue en addisionele klaskamers;
  • Bid dat geregtigheid in Suid Afrika herstel sal word (Exodus 23:2; Psalm 10:17, 18 [18, 19]).
  • Bid dat God se stem betreffende geweld en geregtigheid van die Kerk gehoor sal word (Psalm 72:2; Spreuke 2:6-9; Matteus  5:16)
  • Bid vir regverdige straf vir diegene wat misdaad, geweld en korrupsie beoefen (Sefanja 1:9; Spreuke 21:15; Jeremia 10:24);
  • Bid dat 'n gees van gebed en bekering oor ons uit gestort sal word sodat Suid Afrika na die Lewende God sal terugdraai (Jona 3:8).
  • Bid vir die guns van die Allerhoogste God in Suid Afrika (Deut. 32:4; Jeremia 7:5-8; Spreuke 14:34)
  • Bid  dat mans hul vrouens en dogters asook alle vrouens en meisies sal respekteer en dat daar ‘n  hartsverandering sal plaasvind in die harte van mans wat vrouens en meisies verkrag en misbruik;
  • Bid vir die beskerming van vrouens en meisies teen huishoudelike geweld (verkragting, molestering en misbruik )


 

 

| Vertoon Drukbare Weergawe

LUKRAAK FOTO

KINDERS LEER OOR SENDING IN DIE WêRELD (Elke derde kwartaal van die jaar)
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

GEBEURE

There are no upcoming events

SOEK

Bybelvers vir die Dag


Christian Gifts

GEBEDSVERSOEKE

WIE IS AANLYN?

Besoekers: 5

WAT IS NUUT?

ARTIKELS

Geen nuwe artikels

KOMMENTARE laaste 2 dae

Geen nuwe kommentaar

Links laaste 2 weke

No new links

Ondersteun Mekaar