-
Elkeen se liggaamspyne is anders. Dink aan die beweging van hulle gewrigte en spiere. Bid dat hulle aktief sal wil bly en dat dit binne hulle vermoë is.
-
Bid dat hul breinfunksie gesond sal wees sodat hulle iets nuttigs kan leer – bv. iets te lees wat inspanning en konsentrasie vereis en daaroor sal kan nadink.
-
Dra hulle op aan die Here op sodat hulle lus sal wees om te geniet wat mooi is en waarin hulle glo te kan doen soder vrees.
-
Dikwels word hulle so oorweldig deur hulle omstandighede dat hulle mismoedig word. Kom bid saam met ons teen mismoedigheid, sodat hulle hierdie druk kan hanteer.
-
Die seniors stel ‘n mooi voorbeeld aan die jongmense in die gemeente. Tree asseblief vir hulle in sodat hulle voortdurend ‘n inspirasie sal wees vir die jonges.