Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Perisos
Wednesday, February 22 2012 @ 09:21 PM CST

Barsillai

 

Die Senior Burgers in Perisos se bedieninge staan bekend as Barsillai


 

Barsillai beteken STERK.

In die Bybel vertel 2 Samuel 17:27 van Barsillai (hy was 80 jaar oud) wat vir Dawid versorg het toe hy moes vlug vir Absalom. Verder vertel 2 Samuel 19: 34 – 39 dat Dawid vir Barsillai wil saamneem sodat Dawid hom kan onderhou. Maar Barseilai se beswaar was dat hy nie lank oor het om te leef nie. Ook dat hy niks meer kan geniet nie.

Die senior Burgers se meelewing in gemeente-aktiwiteite is duidelik in hulle belangstelling in die samekomste. Nie net word daar omgesien na die geestelike welsyn van ons senior burgers nie, maar wanneer daar behoefte is vir die materiële, is hulp en bystand beskikbaar. Soos wat elke mens is, waardeer die seniors ook liefde, ‘n glimlag, en ‘n drukkie. Belangstelling in hulle doen en late kry baie aandag.

Die Barsillai-bediening, wat deur Henk Greeff hanteer word, trag om die senior burgers se belangstellings aan te wakker en verder uit te brei. Daarom kom hulle  op gereelde tye byeen. Tydens die byeenkomste word die Barsillaiers blootgestel aan wyd uiteenlopende stokperdjies en belangstellings. Programme word met sorg saamgestel. Daar is boekvoorlesings, uitstappies, demonstrasies, dansers, gassprekers, en sangers wat optree. Daar word heerlik gelag en saamgekuier. Tydens hierdie byeenkomste word hulle getrakteer op heerlike verversings en tee en koeldrank. Ons saamkuiers beloof om onvergeetlik wees.


Kontakbesonderhede

Henk Greeff

Telefoon:  041 363 8411 (Perisos kantoor) 

Selfoon:  078 125 1275

E-Pos:  Henk@perisos.co.za 



 

Wanneer julle vir bejaardes bid

dink daaraan dat Senior burgers unieke en spesifieke behoeftes het. Dus, wanneer u stil word en vir ons Barsellaiers intree, hou die volgende paar riglyne in gedagte:

  • Elkeen se liggaamspyne is anders.  Dink aan die beweging van hulle gewrigte en spiere.  Bid dat hulle aktief sal wil bly en dat dit binne hulle vermoë is.

  • Bid dat hul breinfunksie gesond sal wees sodat hulle iets nuttigs kan leer – bv. iets te lees wat inspanning en konsentrasie vereis en daaroor sal kan nadink.

  • Dra hulle op aan die Here op sodat hulle lus sal wees om te geniet wat mooi is en waarin hulle glo te kan doen soder vrees. 

  • Dikwels word hulle so oorweldig deur hulle omstandighede dat hulle mismoedig word. Kom bid saam met ons teen mismoedigheid, sodat hulle hierdie druk kan hanteer.

  • Die seniors stel ‘n mooi voorbeeld aan die jongmense in die gemeente.  Tree asseblief vir hulle in sodat hulle voortdurend ‘n inspirasie sal wees vir die jonges. 

Wat Barsillai self betref, bid asseblief

  • vir die koordineerders van Barsillai. Vra vir goddelike eenheid onder die leiers, vir liefdevolle samewerking, vir stamina om voort te gaan, ook vir vars idees.  Die heel belangrikste is dat die leiers onvoorwaardelike liefde sal hê vir die persone wat deur God in hulle sorg geplaas is.

  • baie ernstig vir ‘n leerbare gees en aanpasbaarheid van die leiers.  Die seniors se behoeftes verander deurentyd. Volgens Psalm 16:7 is God ons raadgewer.  Wanneer u vir die leiers intree, bid dat hulle by Hom raad sal vra en altyd bedag daarop sal wees en ook bereid sal wees om aanpassings te maak, sodat die senior burgers se behoeftes aangespreek sal word.

  • vir ons gassprekers, dat hulle altyd met die senior burgers se behoeftes in gedagte, sal optree. Ook dat hulle sal probeer om karakter te bou en geestelik te inspireer.

  • dat die leiers sal meehelp om die bejaardes onder hulle versorging tot geloofsekerheid en versterking sal lei.

 

Dankie vir u belangstelling en gebede.

Ons stap die jaar 2011 in met Jesus as ons Rots en Krag.

 

Bid dat ons sal wees soos die ou liedjie sê:

‘n Stukkende leë vat wees,

stukkend as U my wil heelmaak,

heel as U my wil volmaak en gebruik....

 


| Vertoon Drukbare Weergawe

0 kommentaar

LUKRAAK FOTO

100_2808 edit
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

GEBEURE

There are no upcoming events

SOEK

Bybelvers vir die Dag


Christian Gifts

GEBEDSVERSOEKE

WIE IS AANLYN?

Besoekers: 6

WAT IS NUUT?

ARTIKELS

Geen nuwe artikels

KOMMENTARE laaste 2 dae

Geen nuwe kommentaar

Links laaste 2 weke

No new links

Ondersteun Mekaar