Kinders

Die kinders van voorskoolse ouderdom word tot einde hul laerskooljare bedien.

Die fokus vir Kinderbedieninge is daarop gerig om kinders van alle ouderdomme te help om in God se Skatkamer, die Woord, te delf vir die ewige Skatte van God.

1. Die Here Jesus Christus sê dat kleintjies in Hom kan glo. – Matteus 18 vers 6 “Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ‘n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink.”

2. Dit is nie die wil van God dat een van die kleintjies verlore moet gaan nie. – Matteus 18 vers 14 “So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie.”

3. Die Here Jesus Christus nooi hulle uit om na Hom te kom. – Lukas 18 vers 16 “Maar Jesus het die kindertjies nader geroep en gesê: “Laat die kindertjies na my toe kom en moet hulle nie vehinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.”

4. Die Here Jesus Christus het ook vir kinders gesterf. – Lukas 19 vers 10 “Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”

Hulp en idees word vir u, die ouer en leidster, verskaf sodat u kinders kan begelei om die Woord prakties toe te pas op hul eie lewe en hulle daardeur van jongs af leer om die Woord in hul hart te bêre en keuses kan maak wat tot eer en verheerliking van God is.

Leier: Magda Albertyn
Kontak Ons

Top