Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Perisos
Sunday, January 29 2012 @ 01:23 AM CST

 

In kort, glo ons dat

  • die Bybel God se onfeilbare Woord is, sonder enige beperkende kwalifiserings.

  • God se Gees hierdie Woord van Hom gebruik om in mense geloof te bring.

  • hierdie geloof die enigste manier is om te deel in die nuwe lewe wat Christus bied.

  • dit wat Jesus Christus, God se eniggebore Seun, mens gedoen het, genoeg is om ons volkome saligheid te gee en niks hoef deur mense bygedoen of uitgedink te word om hierdie werk van Christus aan te vul nie of te voltooi nie.

  • God se Gees hierdie Woord van Hom ook gebruik om mense te verander en tot geestelike volwassenheid te bring.

  • God elke gelowige tot Sy diens roep en wanneer Hy ons deelmaak van Sy Kerk, dan doen Hy dit juis sodat ons toegerus en opgebou sal word vir hierdie diens.

  • God geen dwang op mense plaas nie, maar deur Sy Woord en Gees vaardig oor ons word, sodat ons spontaan verander in die krag van Sy Gees en vrywillig, op nuwe maniere lewe en Hom dien.

Ons geloof word in twee belydenisskrifte verwoord:

  • Die Westminster Confession of Faith

  • Die Heidelbergse Kategismus

Ons vereenselwig ons ook met:

  • Die Confessio Belgica

  • Die Dordtse Leerreëls

  • Die Geloofsbelydenis van Nicea

  • Die Apostoliese Geloofsbelydenis

In Christus verklaar ons dat Perisos Sy Kerk is waarin die Here God verheerlik word deur Sy gelowiges op te bou en na die wêreld uit te reik en dat dit vir ons as Christengelowiges belangrik is om altyd doelgerig op pad na aktief in God se diens te wees. Ons erken God se Woord en daarom is ’n Skrifgefundeerde bediening ononderhandelbaar.

 


 

 

SOEK

Bybelvers vir die Dag


Christian Gifts

GEBEDSVERSOEKE

WIE IS AANLYN?

Besoekers: 1

WAT IS NUUT?

ARTIKELS

Geen nuwe artikels

KOMMENTARE laaste 2 dae

Geen nuwe kommentaar

Links laaste 2 weke

No new links

Ondersteun Mekaar